Brokkie Nuus

Oor wie ons is?

Pretletters-Span

Saam is ons ’n wenspan wat ons passie uitleef om kinders te help om klanke korrek en met pret aan te leer, sodat hul eerste kennismaking met klanke genotvol is. Elke klank het ’n liedjie asook pretaktiwiteite. Dit is vir ons ’n voorreg, dat ons instrumente in God se hand kan wees, om kinders te kan help om hulle klanke te kan ken en lees te geniet.

Pretletters groete.
Annalie Folscher en Cecilia Esterhuyse

Ons Storie

Pretletters met musiek klankeprogram word met groot sukses gebruik deur:

Pre-primêre skole, "Home Schooling" en gesinne met kinders vanaf 4 jaar. Word ook gebruik vir leerondersteuning deur remediërénde onderwysers. Dit help ook om klankverwarring uit te sorteer in die grondslagfase.

‘n Wonderlike voorskoolse klankeprogram met MP3 audio alfabetliedjies en PDF aflaaibare aktiwiteite wat lees en spelprobleme help voorkom.
trebel

Pretletters met musiek

Pretletters se alfabet klanke-liedjies en video’s kan help om leesprobleme te voorkom. In die grondslagfase (Graad R - Graad 3) is dit belangrik dat klanke korrek aangeleer word. Pretletters leer die klanke Wetenskaplik korrek aan en maak seker dat die kinders die klanke goed onthou deur gebruik te maak van liedjies, beweging en multi-sensoriese aktiwiteite. Leer vind dus doeltreffend plaas aangesien klanke korrek aangeleer word deur die vestibulêre sisteem effektief te integreer sodat klanke met beweging aangeleer word. Met ons Pretlees-reeks word die korrekte oogbeweging ingeoefen en vasgelê.
Aanlynwinkel
menu-circlecross-circle