Pretletters - Aktiwiteitsboek

Pretletters - Aktiwiteitsboek

R75.00

Pretletters - Aktiwiteitsboek

Category:

‘n Pret aktiwiteitsboek wat deel is van die klankeprogram wat help om lees & spelprobleme te voorkom. Die program is uitstekend vir klasonderrig, tuisonderrig, leerondersteuning, remediëring en vele meer. Die program is gevul met ' PRET ' -luistervaardighede, sing, ritme, knip, leer om die klanke reg te vorm met hulle tong en lippies, plak met gom, speel met klei, vingerverf, liggamsbeweging, ensovoorts.

Die PRETLETTERS Program is ‘n waardevolle hulpmiddel om kleuters ouditief bewus te maak van klanke in die inisiële posisie van woorde. Ouditiewe prosessering van klanke word verbeter deur die gebruik van musiek, ritme, rym en genoegsame herhaling van die teikenklanke binne ‘n taalkonteks. Die program kan ook gebruik word vir artikulasie en fonologiese terapie, wanneer spesifieke spraakklanke aangeleer en tussen gediskrimineer word. Die program is ‘n uitstekende manier om kleuters bekend te stel aan klanke en sodoende geletterdheidsvaardighede te ontwikkel wat noodsaaklik is vir skoolgereedheid. Dit vorm ook 'n goeie fondasie vir lees en skryf op skoolvlak.

  • This richly filled, FUN-to-use BILINGUAL Phonics Program is also available in English: FUN LETTERS with music.

 

menu-circlecross-circle