Original price was: R1,950.00.R1,900.00Current price is: R1,900.00.
Leer die alfabetklanke met pret, musiek en beweging – vir Graad R tot Graad 3!
Pretletters se alfabetliedjies en klankvideo’s help om leesprobleme te voorkom. Kinders onthou klanke beter wanneer hulle leer deur pret, beweging en musiek – en dit alles binne ’n multisensoriese leerproses.
Onderwysers in die Wes-Kaap gebruik Pretletters-liedjies suksesvol in hul klasse as deel van ’n wetenskaplik gefundeerde taalbenadering tot klankaanleer. Ouers gebruik dit met sukses tuis, en leerondersteuners sien watter verskil dit maak – kinders geniet dit, en onthou klanke makliker.
💡 Klanke word korrek aangeleer en veranker deur integrasie van die vestibulêre sisteem, wat leer en beweging saam vleg vir volhoubare leesontwikkeling.
👉 🎬 Klik hier om die voorbeeldvideo te kyk – |w| vir wurm
’n Prettige, musiekgevulde video wat wys hoe ons PRETLETTERS-klankvideo’s werk!
✔️ 26 MP4-klankvideo’s (a tot z) – een vir elke enkelklank
✔️ Ondersteunende flitskaarte vir elke klank
✔️ Zig-Zag leesblaaie vir leesvloei, visuele geheue en klankverbindings
✔️ Pret-aktiwiteitsblaaie vir fynmotoriese ontwikkeling en klankvorming
✔️ Inkleurprente van die robotletters
✔️ Instruksieblad met wenke vir klas- en tuisgebruik
🔬 Wetenskaplike grondslag:
Gebaseer op fonologiese bewustheid én vestibulêre integrasie – belangrik vir breinontwikkeling, fokus, spraak en selfregulering.
🎵 Liedjies & Ritme:
Elke klankvideo bevat ’n oorspronklike liedjie en bewegings wat help om klanke in die langtermyngeheue te anker.
🤸♀️ Multisensoriese leer:
Kinders leer deur kyk, luister, beweeg, sing én skryf – vir ’n omvattende leerervaring wat alle leerstyle ondersteun.
🗣️ Vroeë spel & spraakontwikkeling:
Die klankvideo’s help kinders om klanke te hoor, vorm en uitspreek – en vorm die boustene van effektiewe lees en taal.
Grondslagfase-leerders (Graad R tot Graad 3)
Tuisonderrig-ouers en ouers in die buiteland
Onderwysers en leerondersteuners
Internasionale skole met Afrikaanse leerlinge
Leerders met remediërende of spesiale leerbehoeftes
Kinders wat sukkel met spel, lees of lettervorming
’n Klein klankie maak ’n groot impak! Hierdie PRETLETTERS-pakket help kinders om klanke te onthou, leesvlotheid te verbeter, en spelvaardighede natuurlik aan te leer – met pret, musiek en beweging!
🎉 Ons onthou beter as ons pret het! 🎉