Pretletters - Liedjies met Gids

Pretletters - Liedjies met Gids

R170.00

Pretletters - Liedjies met Gids

Category:

 

MP3 Audio

Dit is so belangrik, dat leerdertjies se eerste kennismaking met letters en klanke ’n pret ervaring moet wees, om hulle sodoende positief ingestel te hou rondom lees.

Die alfabetliedjies is aflaaibaar en daar word toegang gegee, sodra die betaling gedoen is.

Die GIDS het al die liedjies se woorde en lesbeplanning vir elke letter van die alfabet in. In die GIDS is daar ook oulike idees hoe om al die sintuie te gebruik om die lessie meer pret te maak.

GIDS: Voorbeeld van ‘n les

B vir borrels.
Liedjie:
Ons blaas borrels.x2
Dit is pret.x2
B-b-b vir borrels.
Bennie beer blaas borrels. Dit is pret.x2

LESBEPLANNING:

Opvoeder neem leerders na buite en blaas borrels. Die liedjie word aangeleer terwyl die opvoeder vir die leerders die prent wys van Bennie beer wat borrels blaas. Hul vorm met hul linkerhande die letter “b” wanneer hul sing: “Dit is pret.”

PRET:

Fantasie spel: 'n B partytjie vir Bennie beer met blou balonne en blaasborrels.

SINTUIE:

Tassintuig aktiwiteite: Doen die letter in die inkleurboeke met blou en bruin vingerverf. Die letter kan ook met speelklei gevorm word.

menu-circlecross-circle