🎵 PRETLETTERS MP3 Alfabetliedjies + Gids – Aflaaibare Klanke en Ondersteunende Hulpbron vir Klankonderrig
Laat kinders sing, beweeg en onthou – met klanke wat lewe kry deur musiek en PRET!
Die PRETLETTERS Alfabetliedjies is nou beskikbaar as aflaaibare MP3-klanklêers – een vir elke letter van die alfabet – saam met ’n praktiese GIDS wat al die liedjies se woorde en voorbeelde van lesplanne insluit.
Waarom hierdie produk belangrik is:
Wanneer kinders se eerste kennismaking met klanke en letters pretvol en positief is, vorm dit ’n sterk basis vir latere lees- en skryfsukses. Hierdie foniese hulpmiddel is ideaal vir onderwysers, ouers, leerondersteuners, en terapeute in die Grondslagfase (Graad R tot Graad 3).
Jy kry:
🎵 26 MP3-liedjies – een vir elke alfabetletter (a tot z)
📘 Gids in PDF-formaat – met al die liedjies se woorde, plus voorstelle vir lesaanbieding
🎨 Pretidees wat al die sintuie betrek – hoor, sien, voel en beweeg
🖍️ Speelse aktiwiteite soos vingerverf, speelklei, klap, sing en fantasie-spel
Voorbeeld: |b| vir borrels
🎶 Liedjie:
Ons blaas borrels x2
Dit is pret x2
B-b-b vir borrels
Bennie Beer blaas borrels. Dit is pret x2
👩🏫 Lesidee:
Blaas borrels saam buite
Sing die liedjie terwyl kinders die lettervorm met hul linkerhand wys
Kleur die letter in met vingerverf (blou of bruin)
Vorm die letter "b" met speelklei
Pretuitbreiding: Hou ’n "B"-tema partytjie vir Bennie Beer!
Ideaal vir:
🧒 Graad R tot Graad 3 onderrig
🏠 Tuisonderrig
🧑🏫 Leerondersteuning en remediëring
🗣️ Spraak- en arbeidsterapie
🎶 Fonologiese bewustheid en leesgereedheid
Prakties en maklik om te gebruik:
💻 Onmiddellik aflaaibaar ná betaling
📱 Speel op foon, tablet, rekenaar of in die klas
🖨️ Gids kan gedruk of digitaal gebruik word
📦 Geen CD ingesluit nie – hierdie is ’n 100% digitale produk
Bou klankvaardighede deur musiek, spel en beweging!
Met die Pretletters MP3 Alfabetliedjies en Gids, raak kinders op 'n natuurlike, genotvolle manier vertroud met klanke – en lê jy die grondslag vir lees en skryf met selfvertroue.